Ingredients
Scale
- 5 eetlepels strooisuiker
- 2 eiers
- 5 eetlepels olie
- 1 eetlepel vanilla essence
- 2 ¾ koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 300ml karringmelk
- Vir die stroop
- 2 koppies water
- 2 koppies suiker
- Klapper
Instructions
- In ʼn groot mengbak, klits die suiker en eiers met ʼn handklitser tot romerig.
- Voeg die olie en vanilla essence by en klits tot donserig.
- Sif die droë bestanddele in, voeg die karringmelk by en meng goed.
- Moenie oorwerk nie.
- Bedek die beslag met kleefplastiek of ʼn groot vadoek en laat rus vir 30 minute.
- Skep die beslag met ʼn eetlepel en vorm ronde balle.
- Diep braai in ʼn diep pan op medium hitte.
- Braai tot goudbruin aan elke kant. Skep uit met ʼn gaatjieslepel en plaas op papierhanddoek.
Vir die stroop
- In ʼn aparte pot, kook die water met die suiker vir 15 minute.
- ompel die bollas in die water stroop net een keer en haal uit met ʼn gaatjies lepel.
- Besprinkel met klapper en bedien.