Pork Chops with Cheese

Pork Chops with Cheese

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon
Pork Loin Chops with cheese

Pork Chops with Cheese

  • Author: Nick Charlie Key
  • Total Time: 30

Ingredients

Scale
  • 90 ml fresh lemon juice
  • 23 springs of fresh rosemary
  • 15 ml minced garlic
  • 4 pork chops
  • Salt and pepper
  • 30 ml Olive oil
  • 125 ml grated cheddar or gouda cheese

Instructions

  1. Take out a baking sheet and shallow casserole dish and add the lemon juice, rosemary and garlic.
  2. Gently place the pork chops into the dish and tern several rimes to coat the meat well. Leave the chops in the marinade and cover the dish with plastic wrap, then place it in the fridge for 25-30 minutes.
  3. Remove the pork chops from the marinade (reserve the marinade) and rub salt and pepper evenly into both sides.
  4. Heat the olive oil in a large pan and add the pork chops. Cook for 2-3 minutes to brown the one side. Turn the chops and reduce the heat to a medium-low setting. Cover the pan with a lid and allow to cook for 8 minutes.
  5. When the pork is cooked through, remove the pan and allow to rest for 3 – 5 minutes.
  6. Add the leftover marinades to the liquid in the pan, stirring it until it’s completely blended.
  7. Return the pork to the sauce in the pan and sprinkle the grated cheese evenly over the chops. Cover the pan again and cook briefly until the cheese has melted.


Nutrition

  • Serving Size: 4
Varknektjops met Gemmerbeskuitjies

Varknektjops met Gemmerbeskuitjies

 

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Varknektjops met Gemmerbeskuitjies

  • Author: Een Pot Pan Bakplaat
  • Total Time: 90

Ingredients

Scale
  • 1 e (15ml) meel
  • Sout en peper
  • 1kg vark nek tjops
  • 2 uie, gekap
  • 3 repe spek, gekap
  • Olyfolie
  • 1 k (250ml) water (of aftreksel)
  • 1 lourierblaar
  • ¾ k (190ml) perske- of mangoblatjang
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 150g geel sultanas
  • 4 peperkorrels, gekraak
  • 2 patats, in skywe gesny
  • 1 fles (130g) snoep uitjies, gedreineer
  • 8 gemmer beskuitjies, gekrummel

Instructions

  1. Geur die meel met sout en peper, en bedek die vark nek tjops daarmee. Skud die oortollige meel af
  2. Plaas die tjops, uie en spek in ‘n groot pot oor matige hitte. Bedruip die olyfolie en braai vir ongeveer 10 minute. Draai die tjops a fen toe om sodat dit oraloor bruin braai.
  3. Voeg die water, lourierblaar, blatjang, knoffel, sultanas en peperkorrels by.
  4. Sit die deksel op en laat prut oor lae hitte vir 30 minute. Voeg die patats by en prut vir nog 30 minute, of tot die vleis en patats baie sag is. Kyk gereeld in die pot en giet nog water of aftreksel by indien nodig.
  5. Voeg die snoep uitjies en gemmer beskuitjies by en meng deeglik.
  6. Kook vir nog 15 minute en sit dan voor


Nutrition

  • Serving Size: 4
Varknek Caprese

Varknek Caprese

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Varknek Caprese

  • Author: Tuis
  • Prep Time: 30
  • Cook Time: 30
  • Total Time: 1 hour
  • Yield: 6

Ingredients

Scale
  • 800g heel varknek
  • 100g salami
  • 2 rooi soetrissies, gerooster en velletjies afgetrek
  • 100g groen olywe, geka
  • ‘n handjie vol vars basillie
  • SOUS
  • 60 ml balsemiekasyn
  • 45ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 3 tiemietakkies, blaartjies gestroop

Instructions

  1. Gebruik ‘n skerp mes om die varknek oop te vlek.
  2. Bedek met ‘n laag kleefplastiek en kap platter met ‘n vleishammer.
  3. Die dikte van die vleis moet so eweredig as moontlik wees.
  4. Versprei nou eers die salami in ‘n laag oor die vleis, gevolg deur die soetrissie, en strooi dan die basillie en olywe oor.
  5. Geur met sout en peper.
  6. Rol nou die vleis styf op en steek vas met kebabstokkies 3cm uit mekaar.
  7. Sny tussen die stokkies in porsies.
  8. Klits die sousbestanddele saam en sprinkel dit rojaal oor die vleis.
  9. Braai nou die vleis oor matige kole tot deurgaar of rooster sowat 30 miniute in die oond teen 200°C.
  10. Bedruip deurgans met die sousie.

Geroosterde Gammon met kersiesous

Geroosterde Gammon met kersiesous

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Geroosterde Gammon met Kersiesous


Ingredients

Scale
  • 1 Groot Gammon
  • 1 Ui, halveer
  • 1 heel geelwortel
  • 2 lourierblare
  • 6 kruienaeltjies
  • Genoeg water om die gammon te bedek
  • Paar eetlepels heuning
  • 300g gevriesde kersies
  • sap van 1 lemoen
  • 1 stok pypkaneel

Instructions

  1. Plaas die kersies, kaneelstok en die sap van die lemoen in ‘n klein potjie. Bring tot kookpunt en kook oor matige hitte tot die sous effens verdik.
  2. Skep die kaneelstok uit en laat die sous afkoel tot benodig.
  3. Plaas die gammon, ui, wortel, lourierblare en naeltjies in ‘n groot pot.
  4. Bedek met kraanwater, bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 1 en ‘n half tot 2 ure.
  5. Skep die gammon uit en laat effens afkoel.
  6. Plaas die gammon op ‘n bakplaat, verf met heuning en verbruin onder die roosterelement van jou oond vir ‘n paar minute.
  7. Bedien die gammon met die afgekoelde kersiesous.

Notes

  • Die soet van die kersies en die sout van die gammon is ‘n wonderlike kombinasie.

Nutrition

  • Serving Size: 6
Warm Hamgereg

Warm Hamgereg

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Warm Hamgereg

  • Author: Poppie Coetzer – Tannie Poppie Kook Weer

Description

Dis ʼn baie ekonomiese gereg, maar so lekker dat ʼn mens enige dag aan gaste kan voorsit. Die hoeveelheid word deur die aantal eters bepaal. Maak jou eie kaassous.


Ingredients

  • Gerookte ham, in dun skywe gesny
  • Mayonnaise vir smeer
  • Piesangs
  • Tandestokkies
  • Kaassous

Instructions

  1. 1. Voorverhit die oond tot 140°C (285°F)
  2. 2. Smeer die ham met mayonnaise.
  3. 3. Draai die ham om die geskilde piesangs en steek met tandestokkies vas.
  4. 4. Plaas die piesangs in ʼn gesmeerde, plat oondpan.
  5. 5. Maak ʼn kaassous en gooi bo-oor.
  6. 6. Bak 15 minute lank tot ligbruin en sit warm voor.

Notes

Tannie Poppie sê

  • Vervang die mayonnaise met mosterd. Dit gee die hamgereg ʼn heel ander smaak.
Gemmerbier-Flentervark

Gemmerbier-Flentervark

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Gemmerbier-Flentervark

  • Author: Landbou Boerekos Uitgawe 9 Somer 2016-‘17

Description

Die vark prut stadig in die aromatiese aftreksel tot die vleis met ʼn vurk gepluis kan word. Flentervark is baie veelsydig en jy kan ver kom met ʼn klein bietjie vleis, veral as jy dit op broodrolletjies met slaai voorsit, in pannekoek toedraai, of smullekker nacho’s daarmee maak!


Ingredients

Scale
  • 1.2kg stuk varkboud of –skouer
  • 2 liter gemmerbier
  • 125 ml sojasous
  • 4 knoffelhuisies
  • Groot knyp seesout
  • 1 kaneelstok
  • Water, indien nodig
  • Sout en swartpeper na smaak
  • Gesnipperde grasuie, suurroom en vars koljander, om voor te sit.

Instructions

  1. 1. Sit die vark in ʼn kastrol en voeg die gemmerbier, sojasous, knoffelhuisies, sout en kaneelstok by.
  2. 2. Verhit tot kookpunt en prut lank en stadig, vir ongeveer 3 uur, tot die vark so sag is dat dit uit mekaar begin val.
  3. 3. Hou jou oog deurgaans op die kastrol en vul die vloeistof aan met water namate dit afkook.
  4. 4. Haal die vark uit die kastrol, laat sowat 15 minute afkoel en pluis die vleis dan grof met ʼn vurk.
  5. 5. Kook die aftreksel, waarin die vleis geprut het, af tot dit effens verdik en stroperig word.
  6. 6. Geur met sout en swartpeper na smaak en giet die aftreksel terug oor die gepluisde vleis.
  7. 7. Garneer met die grasuie, suurroom en koljander (Danja).


Nutrition

  • Serving Size: 8