Gebraaide Snoek Met Appelkoosbedruipsous
Ingredients
Scale
- 1 vars snoek, sowat 2kg
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Appelkoosbedruipsous
- 50ml (3 eetlepels) botter, gesmelt
- 50ml (3 eetlepels) kookolie
- 15ml (1 eetlepel) gladde appelkooskonfyt
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- 15ml (1 eetlepel) suurlemoensap
Instructions
- Meng bestandele vir bedruipsous.
- Vlek snoek en plaas dit op ‘n geoliede toeknyprooster.
- Rooster sowat 25min met velkant na onder oor koel kole en bedruip gereeld.
- Geur met sout en peper en sit onmiddelik voor.
Notes
Variasie
- Appelkoosbedruipsous maak heerlik saam met gabeljou, koningklip en leervis.
Wenk
- ‘n Gewilde bykos by gebraaide snoek is heel patats wat in foelie tussen die kole gaargemaak word.
Nutrition
- Serving Size: 6