Gekrummelde Kits Lendeskywe
- Prep Time: 30
- Cook Time: 10
- Total Time: 40 minutes
Ingredients
Scale
- 600g Kitslendeskywe (“minute-steaks”)
- 1 – 2 eiers, geklits
- 15 ml Dijonmosterd
- Gemengde droë kruie
- 100 g Tuc-beskuitjies, gekrummel
- 300g groenboontjies
- Gerasperde skil van 1 suurlemoen
- Twee handevol bronkors (Watercress)
- ʼn paar parmesaanskaafsels
- 15 ml botter
- 30 ml olyfolie
- Gaar aartappels vir voorsit
Instructions
- 1. Kap die steaks effens plat met ‘n vleishamer. Klits die eier en mosterd saam en geur met sout en peper asook ‘n strooisel droë kruie. Doop die vleis in die eier mengsel sodat die heeltemal bedek is. Druk nou die vleisskywe een vir een in die krummels en laat lê dit op ‘n draadrakkie. Herhaal met al die steaks en sit dit oop in die yskas vir 5 minute.
- 2. Spoel die groenboontjies at en sit dit net so nat in ‘n mikrogolfbestande bak met ‘n deksel. Geur met die suurlemoen, sout en peper en sprinkel ‘n bietjie olyfolie oor; mikrogolf dan bedek vir sowat 8 minute tot net gaar gestoom. Meng die warm bootjies deur die bronkors en strooi die parmesaanskaafsels oor.
- 3. Verhit die botter en olie saam ʼn in braaipan tot warm. Dit is belangrik dat die pan en olie-bottermensel warm is voor die steaks gebraai word, anders raak dit oorgaar en taai. Braai nou alkante tot goudbruin en sit dadelik voor met groenbone en aartappels. Wiggies suurlemoen is opsioneel.
Nutrition
- Serving Size: 4