Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Geroosterde Gammon met Kersiesous


Ingredients

Scale
  • 1 Groot Gammon
  • 1 Ui, halveer
  • 1 heel geelwortel
  • 2 lourierblare
  • 6 kruienaeltjies
  • Genoeg water om die gammon te bedek
  • Paar eetlepels heuning
  • 300g gevriesde kersies
  • sap van 1 lemoen
  • 1 stok pypkaneel

Instructions

  1. Plaas die kersies, kaneelstok en die sap van die lemoen in ‘n klein potjie. Bring tot kookpunt en kook oor matige hitte tot die sous effens verdik.
  2. Skep die kaneelstok uit en laat die sous afkoel tot benodig.
  3. Plaas die gammon, ui, wortel, lourierblare en naeltjies in ‘n groot pot.
  4. Bedek met kraanwater, bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 1 en ‘n half tot 2 ure.
  5. Skep die gammon uit en laat effens afkoel.
  6. Plaas die gammon op ‘n bakplaat, verf met heuning en verbruin onder die roosterelement van jou oond vir ‘n paar minute.
  7. Bedien die gammon met die afgekoelde kersiesous.

Notes

  • Die soet van die kersies en die sout van die gammon is ‘n wonderlike kombinasie.

Nutrition

  • Serving Size: 6