Hoendertorilla
- Prep Time: 30
- Cook Time: 20
- Total Time: 50 minutes
Ingredients
Scale
- 6 snye dag oue witbrood
- 30 ml botter
- 10 ml gemengde droë kruie
- 300 g hoenderborsfiletrepies
- 15 ml olyfolie
- 8 mediumgroot tortillas
- 2 murgpampoentjies, gerasper
- 200 g kersietamaties, middeldeur gesny.
- 4 hardgekookte eiers, afgedop
- 1 kop bros blaarslaai, afgespoel en gesnipper
- slaaisous
- Gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 15 ml korrelmosterd
- 15 ml balsemiekasyn
- 45 ml olyfolie
- 5 ml sagte kruie, gekap
Instructions
- 1. Begin deur die sousbestanddele saam te klit tot ʼn emulsie vorm. Hou eenkant.
- 2. Smeer die brood met die botter en strooi die kruie oor; sny in blokkies en braai in ʼn pan of bak in die oond tot bros croutons.
- 3. Besprinkel die hoender met ʼn lepel slaaisous en meng goed deur. Verhit die olyfolie in ʼn pan en braai die hoender repies tot goudbruin en deurgaar. Geur met sout en peper. Skep uit die pan en rooster die tortillas alkante.
- 4. Stel saam Meng die hoender, croutons, murgpampoentjies, tamaties en eiers deur die blare en roer die slaaisous deur. Verdeel tussen die warm tortillas en smul dadelik.
Nutrition
- Serving Size: 4