Lamnekbredie
- Total Time: 150
- Yield: 4
Ingredients
Scale
- 2 e (30 mℓ) meel
- Sout en peper
- 1 – 1,5 kg lamsnek skywe
- Olyfolie
- 2 uie, grof gesny
- 5 knoffelhuisies, fyngedruk
- 2 groot wortels, gekap
- 2 selderystingels, gekap
- ¾ k (190ml) rooiwyn
- Gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
- 1 blik (400 g) heel tamaties
- 1 k (250 mℓ) hoenderaftreksel
- 3 takkies vars roosmaryn
- 1 lourierblaar
- 3 mediumgroot aartappels, in dun skywe gesny
- Grasuie of Italiaanse pietersielie vir garnering
Instructions
- Geur die meel met sout en peper. Druk die vleis in die meel en skud die oortollige meel af.
- Verhit ’n groot skeur olie in ’n gietyster/swart pot of ’n oondbak met ’n deksel. Plaas die vleis daarin en sit dit in die oond vir 20 minute sodat die vleis bruin kan braai – draai die vleis na 10 minute om.
- Voeg die uie, knoffel, wortels en seldery by. Bak verder totdat die uie bruin gebraai is terwyl jy dit af en toe deurroer.
- Voeg die rooiwyn by en skraap die boom van die pot met ’n houtspaan om al daardie lekker stukkies los te kry.
- Voeg die suurlemoensap, tamaties, aftreksel, roosmaryn en lourierblaar by. Pak die aartappelskywe in ’n laag bo-op die gereg. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en peper.
- Maak ’n stuk bakpapier nat en bedek die aartappels liggies daarmee.
- Plaas die deksel op die pot en bak vir 1½ uur of tot die vleis sag genoeg is dat dit van die been af loskom. Haal die deksel af en bakpapier af. Bak vir nog 20 – 30 minute of tot die aartappels goudbruin is.
Notes
- Garneer met suurlemoenskil en grasuie of Italiaanse pietersielie.