Malvapoeding Brownies
- Prep Time: 10
- Cook Time: 60
- Total Time: 1 hour 10 minutes
Ingredients
Scale
Brownie
- 4 ekstragroot eiers, kamertemperatuur
- 250ml (200g) suiker
- 180ml (72g) kakao
- 125ml (70g) bruismeel
- 250g botter, gesmelt
- 60ml gekapte pekanneute
Sauce
- 250ml room
- 180ml (144g) suiker
- 100ml botter
- 25ml Amarula (opsioneel)
Instructions
- Oondtemperatuur- 160 °C
- 1.Voorverhit die oond en voer ‘n lang broodpan (30x11cm) uit met bakpapier.
- Klits die eiers en suiker saam tot lig van kleur en baie dik en romerig. Sif die kakao en meel saam en vou dit om die beurt met die botter en neute by die eiermengsel in. Giet in die voorberiede pannetjie en bak vir 1 uur.
- 2. Maak die sous – Verhit al die bestanddele saam tot die botter en suiker gesmelt is; laat die mengsel dan vir ‘n paar minute kook.
- 3. Prik die poeding oraloor met ‘n toetspen sodra dit uit die oond kom en giet die helfte van die sous oor. Dit sal lekker intrek. Laat afkoel tot kamertemeratuur voor jy dit uitkeer, in skyfies sny en met die res van die sous voorsit. Roomys en ingelegde koejawels is heerlik hierby
Nutrition
- Serving Size: 10