Pita met hoender en eiervrug
- Prep Time: 25
- Cook Time: 20
- Total Time: 45
Ingredients
Scale
- 1 mediumgroot eiervrug, in dun skyfies gesny
- 45 ml olyfolie
- 2 groot hoenderborsies in blokkies gesny
- 45 ml blatjang
- 250 ml koeskoes
- Sap van ʼn klein suurlemoen
- 30 ml sesamsaadjies, gerooster
- ʼn groot handvol baba spinasie
- Vars koljander
- 125ml volroomjogurt
- 5,5 ml matige kerriepoeier
- 4 pitabrode, gerooster
Instructions
- Besprinkel die eiervrugskyfies met sowat 15 ml olyfolie, sout en peper en braai in ʼn pan tot goudbruin en deurgaar. Skep uit en braai nou die hoender met nog sowat 15 ml olyfolie tot lekker bruin. Geur met sout en peper, roer die blatjang by en braai tot net klewerig.
- Sit die koeskoes in ʼn bak met ʼn digsluitende deksel en giet 250ml kookwater oor. Maak dit dig toe en laat stoom vir sowat 5 minute of tot gaar (of volg die aanwysings op die pakkie). Krap die korrels los met ʼn vurk, geur met suurlemoensap, sout en peper en meng met die eiervrug skyfies, hoender, sesamsaad, spinasie en koljander.
- Meng die jogurt en kerriepoeier en voeg ʼn knippie sout en peper by na smaak. Om voor te sit, halveer die pitas en skep die slaai en jogurtsous om die beurt daarin.
Nutrition
- Serving Size: 4