Description
Gerookte varkspek en bruin sampioene is ʼn wen kombinasie. Dikwels hou kinders nie van die smaak van bloukaas nie. Vervang dit dan met ʼn ander soort kaas.
Ingredients
Scale
- 1 pak (500g) pasta van jou keuse
- 1 pak (250g) gesnipperde spekvleis
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 30g botter
- 500g bruin of wit sampioene, fyn gesny
- Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 30 ml koekmeel
- 3 ml mosterd poeier
- 750ml warm melk
- 60 ml gekrummelde bloukaas of Feta
- Gekapte pietersielie, om oor te sprinkel
Instructions
- 1. Kook die pasta in ʼn groot pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar ferm.
- 2. Braai die spek, ui en knoffel in die botter tot die ui en spek gaar is.
- 3. Voeg die sampioene by en braai verder tot gaar. (Namate die sampioene gaar word, sal daar baie vloeistof in die pan wees. Moenie bekommerd wees nie, dit moet so lyk.)
- 4. Sodra die sampioene gaar is, sprinkel die sout, peper, meel en mosterdpoeier egalig oor.
- 5. Roer tot die mengsel borrel en voeg dan die warm melk bietjie vir bietjie by.
- 6. Prut, terwyl jy roer tot die sous verdik en gaar is.
- 7. Voeg die bloukaas by en roer deur.
- 8. Meng die sous en pasta en skep in ʼn opdienbak.
- 9. Sprinkel pietersielie oor en sit voor met slaai
Nutrition
- Serving Size: 8