Tunakasserol
Ingredients
Scale
- 45 ml (3e) kookolie
- 125 ml (1/2 k) gekapte ui
- 125 ml (1/2 k) rooi of groen soetrissie, gekap
- 30 ml (2 e) koekmeelblom
- 310 ml (1 ¼ k) warm melk
- 250 ml (1 k) of blikkie hoenderroomsop
- Sout en peper na smaak
- 250 ml (1 k) of blikkie tuna, gevlok
- 250 ml (1 k) gaar noedels / pasta
- 60 ml (1/4 k) gekapte amandels (opsioneel)
Instructions
- 1. Voorverhit die oond tot 180°C.
- 2. Verhit olie in ‘n pan en braai ui en soetrissie daarin tot sag.
- 3. Roer koekmeelblom by en voeg warm melk stadig by om ‘n matige dik witsous te
- maak.
- 4. Roer sop, sout en peper by en dan tuna en noedels.
- 5. Meng alles goed saam en skep in ‘n kasserol. Strooi die amandels oor en bak sowat 30
- minute tot goudbruin.
Notes
- Alternatief vir amandels – gebruik gerasperde kaas.