
Varknek Caprese
- Prep Time: 30
- Cook Time: 30
- Total Time: 1 hour
- Yield: 6
Ingredients
Scale
- 800g heel varknek
- 100g salami
- 2 rooi soetrissies, gerooster en velletjies afgetrek
- 100g groen olywe, geka
- ‘n handjie vol vars basillie
- SOUS
- 60 ml balsemiekasyn
- 45ml olyfolie
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 3 tiemietakkies, blaartjies gestroop
Instructions
- Gebruik ‘n skerp mes om die varknek oop te vlek.
- Bedek met ‘n laag kleefplastiek en kap platter met ‘n vleishammer.
- Die dikte van die vleis moet so eweredig as moontlik wees.
- Versprei nou eers die salami in ‘n laag oor die vleis, gevolg deur die soetrissie, en strooi dan die basillie en olywe oor.
- Geur met sout en peper.
- Rol nou die vleis styf op en steek vas met kebabstokkies 3cm uit mekaar.
- Sny tussen die stokkies in porsies.
- Klits die sousbestanddele saam en sprinkel dit rojaal oor die vleis.
- Braai nou die vleis oor matige kole tot deurgaar of rooster sowat 30 miniute in die oond teen 200°C.
- Bedruip deurgans met die sousie.