Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Vetkoek met drie vulsels

  • Author: Kuier Combo Koningskos
  • Yield: 20 1x

Ingredients

Scale

Vetkoek bestanddele

  • 500g koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis (instant yeast)
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel suiker
  • 2 eetlepels olyfolie
  • Genoeg louwarm water om ‘n hanteerbare deeg te vorm
  • Olie vir diepbraai

Vulsel 1

  • Botter
  • gerasperde kaas
  • aarbei- of enige ander konfyt van jou keuse

Vulsel 2

  • 2 Hoenderborsies
  • ½ koppie mayonnaise
  • 1 eetlepel basil pesto
  • Sout en peper na smaak
  • Klein bietjie water
  • Gesnyde tamatie skyfies

Vulsel 3

  • 250g bees maalvleis
  • 1 medium ui, fyngekap
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 teelepel matige kerriepoeier
  • 1 teelepel leaf masala (meer as jy sterker verkies)
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 eetlepel suiker
  • Sout na smaak
  • Skeutjie water indien nodig
  • 1 Aartappel in klein blokkies gesny

Instructions

Vetkoek metode

  1. Voeg al die bestanddele by mekaar om ʼn hanteerbare deeg te vorm. Knie die deeg op ʼn skoon oppervlak vir 10 minute. Plaas in ʼn bak ek bedek met kleefplastiek. Laat rys op ʼn warm plek tot dubbel die volume. Knie liggies af en verdeel in ewe groot stukke. Laat rys vir omtrent 15 minute. Verhit olie vir diepbraai. Braai vetkoeke ʼn paar op ʼn slag tot goudbruin aan die een kant. Draai om en herhaal met die ander kant. Herhaal die proses met al die deeg.

Vulsel 1 metode

  1. Sny die warm vetkoek oop en smeer mildelik met botter. Vul dan verder met ʼn dik laag konfyt en hope gerasperde kaas.

Vulsel 2 metode

  1. Geur die hoender liggies met sout en peper. Stoom tot gaar in ʼn bietjie water. Koel die hoender af en pluis dan uit. Meng volgende die hoender, mayonnaise en pesto. Geur met sout en peper en verkoel effens. Vul vetkoeke met gesnyde tamatie en hoender vulsel.

Vulsel 3 metode

  1. Sorteer die uie oor matige hitte. Voeg die maalvleis by en baai tot dit verkleur. Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur. Voeg ʼn skeutjie water by indien nodig. Prut totdat die aartappelblokkies sag en die sousie lekker dik is. Vul warm gesnyde vetkoeke mildelik met die kerrie.