Bief Estofado Met Geurige Mielierys
Write a review
Print
Ingredients
  1. 1.2 kg beesskenkels met murgbene of beeskortrib-stukkies en 4 murgbene met murg ekstra
  2. 1 groen soetrissie, ontpit en opgesny
  3. 1 rooi soetrissie ontpit en opgesny
  4. 1 groot ui, grof gekap
  5. 80 g koevertjie tamatiepasta
  6. 1 blikkie gekapte tamatie
  7. 30 ml paprikapoeier
  8. 200 ml rooiwyn
  9. 10 ontpitte olywe
  10. Ongeveer ‘n handvol gedroogde perskes of appelkose
  11. 2 E pitlose rosyne
  12. Sout en peper
  13. 30 ml Willow Creek Knoffelgeur olyfolie
  14. 1 bossie vars tiemie
Vir die mielierys
  1. 1 k rou mielierys
  2. 3 k water
  3. 1 E sout
  4. 4 repies streepspek, in klein stukkies gesny
  5. 1 mediumgroot ui, opgekap ongeveer so groot soos die spekstukkies
  6. Genoeg vars pietersielie na smaak, fyn gesny sonder stingeltjies
Instructions
  1. Braai die vleisstukke en die murgbene bruin in ‘n swaarboom-stowekastrol wat ‘n goedpassende deksel het. Hou die vleis en die murgbene eenkant.
  2. Braai die uie en soetrissies vinnig en plaas die vleis terug in die kastrol. Hou steeds die murgbene eenkant vir laaste. Voeg die tamatie en tamatiepasta by. Geur met sout, peper en paprika. Vul aan met kookwater totdat die mensel onder water is en stowe stadig vir ten minste een uur. Vul die water aan as die vog begin min raak.
  3. Voeg na ‘n uur die vrugte, olywe en wyn by en stowe vir ‘n verdere halfuur totdat alles baie sag is. Sowat 15 minute voor die kooktyd verstreke is, plaas die murgbene terug in die stowegereg en sit dan die bossie vars tiemie by. Verwyder die tiemiebossie in geheel voor bediening.
Vir die mielierys
  1. Kook die mielierys in die drie koppies water vinnig vir ongeveer 12 tot 15 minute. Spoel dit dan in ‘n sif onder lopende kouewater af. Plaas terug in die kastrol en voeg net genoeg warm water by om die rys te bedek sodat daar ongeveer 5 mm water bokant die rys is. Sprinkel 10 ml sout oor en plaas met ‘n deksel terug op medium hitte om sag te stoom. Moenie roer nie. Braai spek en ui in die braaipan net net gaar en meng dit liggies deur die gaar mielierys, saam met die vars gesnipperde pietersielie.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/