Cheddarkaas-En-Biltong-Broodjies
Serves 8
Die resep is verspot maklik, en die broodjies is heerlik as dit warm voorgesit word.
Write a review
Print
Ingredients
  1. • 1 kg winkelbrooddeeg
  2. • 16 groot skywe beesbiltong
  3. • 150 g sterk cheddarkaas, gerasper
Instructions
  1. Verhit oond tot 180 °C. Verdeel brooddeeg in 8 stukke. Maak 'n bal van elke stuk deeg. Druk elke bal plat tot so 3 cm dik. Plaas op bakplate wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Pak 2 stukke biltong op elke plat deegbal. Sprinkel kaas bo-op biltong en laat deegballe sowat 15 minute rys voor jy dit in die oond plaas. Bak 30 – 35 minute tot gaar. Sit broodjies warm voor met botter.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/