Picanha
Serves 8
Die naam (pie-kan-ja uitgespreek) val dalk nie so maklik op die Suid-Afrikaanse tong nie, maar daar's niks lastigs aan die smaak nie! Dis hoekom picanha so gewild in Brasilië is. Die snit is aan die bokant van die kruisskyf, en die geheim van sy heerlike geur is die gul laag vet – moet dit dus nie af- of kleiner sny nie. As jy picanha met sy vetkant na onder braai (oor die kole of in die pan), sal dit nooit droog wees nie. As jy wil, kan jy die vet na die gaarmaak proses wegsny. Omdat die spier in hierdie deel nie baie werk nie, is picanha so sag soos fillet, maar het dit al die geur van kruisskyf.
Write a review
Print
Ingredients
  1. 1 Knoffelhuisie
  2. 1 roosmaryn takkie en blaartjies
  3. Sout en peper
  4. ½ suurlemoen se sap en skil
  5. Olyfolie
  6. 3kg heel picanha met ‘n laag vet
Instructions
  1. 1. Meng die knoffel, roosmaryn, sout, peper, suurlemoensap en skil met genoeg olyfolie om ‘n pasta te vorm.
  2. 2. Sny kepe in die vetlaaf en vryf die pasta oor die vet om ‘n goeie kors te vorm. Vryf van die pasta ook op die vleis. Laat minstens 4 uur maar verkieslike oornag marineer. Draai 2 tot 3 keer om.
  3. 3. Seël die vleis oor warm kole en braai dan 45 to 60 minute oor laer hitte met die vetkant na onder. (55°C interne temperatuur).
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/