Soetsuur Varkhappies
Serves 6
Gee die gunsteling wegneemete ʼn kinkel deur die vleis vooraf te marineer.
Write a review
Print
Ingredients
  1. 600 g varkfilet, in 1.5cm-blokies gesny
  2. Mielieblom
  3. Olie vir diepbraai
  4. 150 g bruismeel
  5. 50 ml mielieblom
  6. 5 ml bakpoeier
  7. Knippie rooipeper
  8. 330 ml Sprite, yskoud
MARINADE
  1. 60 ml ligte sojasous
  2. 45 ml donker sojasous
  3. 30 ml bruinsuiker
  4. 1 knoffelhuisie
  5. 1 duim heel gemmer, geskil en in julienne-repies gesny
  6. 5 ml sesamolie
Instructions
  1. 1. Klits al die marinadebestanddele saam en meng dit deur die vark; marineer dit dan vir minstens ʼn uur in die yskas. Haal uit en laat die vleis kamer temperatuur bereik voor dit gaargemaak word.
  2. 2. Meng die droë bestanddele vir die beslag en klits die gaskoeldrank geleidelik by tot net gemeng.
  3. 3. Dreineer die gemarineerde vark en besprinkel dit met mielieblom. Verhit 750ml olie in jou wok – toets die hitte met ʼn druppel beslag (dit moet dadelik borrel en nie sink nie, maar ook nie te vinnig verbruin nie). Doop nou ʼn paar blokkies op ʼn slag in die beslag en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuis papier en herhaal tot al die vleis gebraai is.
  4. 4. Sit voor met ʼn soetsuur sousie en rys of noedels.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/