VARKMAALVLEIS-QUESADILLAS
Write a review
Print
Prep Time
15 min
Cook Time
12 min
Prep Time
15 min
Cook Time
12 min
Ingredients
  1. 30 ml Olyfolie
  2. 1 bossie sprietuie, gekap
  3. 1 knoffelhuisie, fyngekap
  4. 1 groen jalapeno-brandrissie, fyngekap
  5. 5 ml van elk Koljander, komyn en paprika
  6. 500g varkmaalvleis
  7. 90 ml vars koljander, gekap
  8. 6 middelslag-tortillas
  9. 2 tamaties, in dun skyfies gesny
  10. 750ml gerasperde kaas (mozzarella en wit cheddar)
  11. Guacamole en suurroom vir voorsit
Instructions
  1. 1. Verhit 15 ml van die olie in ʼn braaipan en braai die sprietuie, knoffel, rissie, speserye en maalvleis saam tot goudbruin. Breek die vleis deurgaans met ʼn spaan tot korrelrig; geur na smaak met sout en peper. Roer die koljander by.
  2. 2. Plaas die tortillas op ʼn werkoppervlak en sprei ‘n skep maalvleismengsel op een helfte van elkeen uit; pak die tamatiesbo-op en sprinkel die kaas oor. Vou die tortillas toe in ‘n halfmaanvorm.
  3. 3. verhit die res van die olie in ʼn braaipan en braai die toegevoude tortilla-pakkies een op ʼn slag totdat dit alkante mooi goudbruin is. Gebruik twee eierspane vir die omdraaislag. Sit voor met die guacamole en suurroom.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/