Gebraaide Snoek Met Appelkoosbedruipsous
Serves 6
Write a review
Print
Ingredients
  1. 1 vars snoek, sowat 2kg
  2. sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Appelkoosbedruipsous
  1. 50ml (3 eetlepels) botter, gesmelt
  2. 50ml (3 eetlepels) kookolie
  3. 15ml (1 eetlepel) gladde appelkooskonfyt
  4. 1 knoffelhuisie, gekneus
  5. 15ml (1 eetlepel) suurlemoensap
Instructions
  1. Meng bestandele vir bedruipsous.
  2. Vlek snoek en plaas dit op ‘n geoliede toeknyprooster.
  3. Rooster sowat 25min met velkant na onder oor koel kole en bedruip gereeld.
  4. Geur met sout en peper en sit onmiddelik voor.
Variasie
  1. Appelkoosbedruipsous maak heerlik saam met gabeljou, koningklip en leervis.
Wenk
  1. ‘n Gewilde bykos by gebraaide snoek is heel patats wat in foelie tussen die kole gaargemaak word.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/