Groen Ystee
Met gemmer, kruisement en heuning
Write a review
Print
Ingredients
  1. 6 Groentee tee-sakkies
  2. 1.5l water
  3. 100g vars gemmer (ongeskil en in skywe gesny)
  4. 1 koppie kruisement blare
  5. 50 – 80 ml heuning
  6. 2 eetlepels suurlemoensap
  7. Ys (soos benodig)
Instructions
  1. Bring die water en gemmer tot kookpunt in ‘n groot kastrol oor hoë hitte.
  2. Sodra dit begin kook, verwyder die kastrol van die hitte en voeg die teesakkies en kruisement by.
  3. Bedek en laat die tee vir 15 minute trek.
  4. Giet die tee deur ‘n sif in ‘n groot beker.
  5. Roer die heuning en suurlemoensap by en laat die tee afkoel voor jy dit in die yskas sit.
  6. Sit voor met baie ys en garneer met nog kruisementblare.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/