Grondboontjiehoender En Rys
Serves 4
Dis moeilik om te kies of die rys of die hoender die apploustrekker is in die duet.
Write a review
Print
Prep Time
25 min
Cook Time
1 hr
Prep Time
25 min
Cook Time
1 hr
Ingredients
  1. 30 ml grondboontjiebotter
  2. 5 ml tamatiepasta
  3. 2 groot knoffelhuisies, fyngekap
  4. 1 rooi brandrissie, gekap
  5. 5 ml gerasperde vars gemmer
  6. 30 ml fyngekapte vars koljander
  7. 15 ml lemmetjie- of suurlemoensap
  8. 4 groot stukke hoender
  9. 15 ml elk olyfolie en botter
  10. 2 uie, gesny
  11. 250 ml bruin-wilderys-en-split-ertjiemengsel
  12. 250 ml klappermelk, warm
  13. 500 ml flou aftreksel, warm
  14. 100 ml grondbootjies, gekap
  15. Ekstra vars koljander vir garnering
Instructions
  1. 1. Meng die grondboontjiebotter, tamatiepasta, knoffel, rissie, gemmer, koljander en lemmetjiesap saam. Maak die vel van die hoenderstukke los en vryf die mengsel versigtig onder die vel in. Enige oorblywende geurpasta kan oraloor die hoenderstukke gesmeer word. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
  2. 2. Verhit die olie en die botter in ‘n pan met ‘n deksel en braai die hoenderstukke goed bruin oraloor. Hoe groter die stukke, hoe langer moet die braai om seker te maak die vleis sal binne 40 minute gaar prut. Skep uit en braai die uie nou stadig in die geurolie tot goudbruin. Skep die hoenderstukke terug in die pan.
  3. 3. Spoel die rys goed af en voeg by die hoenderstukke in die pan. Meng die klappermelk en aftreksel en giet oor de hoender en rys; geur met sout na smaak. Skep die uie bo-op, bedek en laat prut oor matige hitte vir sowat 40 minute of tot die hoender en die rys gaar is. Sprinkel die grondboontjies en nog vars koljander oor.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/