Perske Ystee
Write a review
Print
Ingredients
  1. 4 Ceylon teesakkies
  2. 1.5lt water
  3. Perskestroop
  4. Ys (soos benodig)
  5. Kruisementblare vir garnering
Vir die perskestroop
  1. 200g Suiker
  2. 250ml water
  3. 3 vars perskes (in skywe gesny) of 1 blikkie perskes
Instructions
  1. Bring bestanddele vir die perskestroop tot kookpunt en roer totdat die suiker opgelos is.
  2. Kook vir 10 minute.
  3. Verwyder van die hitte, bedek met ‘n deksel en laat afkoel
  4. Bring die 1,5l water tot kookpunt en voeg die Ceylon teesakkies by. Laat dit vir 5 minute trek.
  5. Verwyder die teesakkies en laat afkoel voor jy dit in die yskas sit.
  6. Giet die stroop deur ‘n sif om enige vrugtestukkies te verwyder.
  7. Voeg die perskestroop by die tee en sit voor met baie ys.
  8. Garneer met kruisementblare en perskeskywe.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/