ROMERIGE VARKTJOPS
Serves 4
Write a review
Print
Prep Time
20 min
Prep Time
20 min
Ingredients
  1. 4-8 varklendetjops
  2. 25 ml Dijonmosterd
  3. 8-16 Salieblare
  4. 15 ml olie
  5. 1 klein ui, gekap
  6. 1 knoffelhuisie, gekap
  7. 15 ml meel
  8. 250 ml room
  9. 125 ml aftreksel
  10. Neutmuskaat na smaak
  11. ½ blomkoolkop se blomme, gaar
  12. Aartappels en pietersielie vir voorsit
Instructions
  1. 1. Geur die tjops met sout en peper en die mosterd en druk ‘n salieblaar alkant van elke tjop vas.
  2. 2. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai nou die tjops vetkant eerste: Hou al die tjops bymekaar met ‘n tang en braai hulle regop tot die vetrandjie lekker bros is. Braai die tjops nou een-een op hul plat kante tot goudbruin alkant. Skep uit en hou eenkant.
  3. 3. Gebruik dieselfde pan en braai die ui en knoffel tot geurig. Roer die meel by en braai bruin. Klits die room en aftreksel by en laat prut tot dik en romerig. Geur met sout en peper. Skep die tjops en blomkool by die sous en kook deur tot die vleis deurgaar is maar steeds sappig is. Sit voor met die aartappels en ‘n sprinkel pietersielie.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/