Warm Hamgereg
Dis ʼn baie ekonomiese gereg, maar so lekker dat ʼn mens enige dag aan gaste kan voorsit. Die hoeveelheid word deur die aantal eters bepaal. Maak jou eie kaassous.
Write a review
Print
Ingredients
  1. Gerookte ham, in dun skywe gesny
  2. Mayonnaise vir smeer
  3. Piesangs
  4. Tandestokkies
  5. Kaassous
Instructions
  1. 1. Voorverhit die oond tot 140°C (285°F)
  2. 2. Smeer die ham met mayonnaise.
  3. 3. Draai die ham om die geskilde piesangs en steek met tandestokkies vas.
  4. 4. Plaas die piesangs in ʼn gesmeerde, plat oondpan.
  5. 5. Maak ʼn kaassous en gooi bo-oor.
  6. 6. Bak 15 minute lank tot ligbruin en sit warm voor.
Tannie Poppie sê
  1. Vervang die mayonnaise met mosterd. Dit gee die hamgereg ʼn heel ander smaak.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/