Maalvleisbroodjie
Serves 4
Write a review
Print
Ingredients
  1. Benodig: 1 ui, fyngekap
  2. 500g Maalvleis (van jou keuse)
  3. 2 wortels, gerasper
  4. 125 ml ½ k broodkrummels
  5. 60 ml ¼ k tamatiesous
  6. 30 ml 2 e blatjang
  7. 1 eier
  8. 10 ml 2 t Uitkyk Steak & chops speserye
  9. Varsgemaalde peper
  10. 250 ml 1 k wit cheddar, gerasper
  11. 60 ml broodkrummels
Instructions
  1. Stel oond op 180°C
  2. Meng alle bestanddele behalwe kaas en broodkrummels.
  3. Voer middelslag-broodpan met foelie uit
  4. Druk mengsel daarin en bak vir 30 minute of tot gaar.
  5. Sprinkel kaas en broodkrummels oor en rooser onde element tot gesmelt en goudbruin.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/