Bollas
Write a review
Print
Ingredients
  1. 5 eetlepels strooisuiker
  2. 2 eiers
  3. 5 eetlepels olie
  4. 1 eetlepel vanilla essence
  5. 2 ¾ koppies koekmeel
  6. 3 teelepels bakpoeier
  7. 300ml karringmelk
  8. Vir die stroop
  9. 2 koppies water
  10. 2 koppies suiker
  11. Klapper
Instructions
  1. In ʼn groot mengbak, klits die suiker en eiers met ʼn handklitser tot romerig.
  2. Voeg die olie en vanilla essence by en klits tot donserig.
  3. Sif die droë bestanddele in, voeg die karringmelk by en meng goed.
  4. Moenie oorwerk nie.
  5. Bedek die beslag met kleefplastiek of ʼn groot vadoek en laat rus vir 30 minute.
  6. Skep die beslag met ʼn eetlepel en vorm ronde balle.
  7. Diep braai in ʼn diep pan op medium hitte.
  8. Braai tot goudbruin aan elke kant. Skep uit met ʼn gaatjieslepel en plaas op papierhanddoek.
Vir die stroop
  1. In ʼn aparte pot, kook die water met die suiker vir 15 minute.
  2. ompel die bollas in die water stroop net een keer en haal uit met ʼn gaatjies lepel.
  3. Besprinkel met klapper en bedien.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/