Varknek Caprese
Yields 6
Write a review
Print
Prep Time
30 min
Cook Time
30 min
Prep Time
30 min
Cook Time
30 min
Ingredients
  1. 800g heel varknek
  2. 100g salami
  3. 2 rooi soetrissies, gerooster en velletjies afgetrek
  4. 100g groen olywe, geka
  5. 'n handjie vol vars basillie
  6. SOUS
  7. 60 ml balsemiekasyn
  8. 45ml olyfolie
  9. 1 knoffelhuisie, fyngekap
  10. 3 tiemietakkies, blaartjies gestroop
Instructions
  1. Gebruik 'n skerp mes om die varknek oop te vlek.
  2. Bedek met 'n laag kleefplastiek en kap platter met 'n vleishammer.
  3. Die dikte van die vleis moet so eweredig as moontlik wees.
  4. Versprei nou eers die salami in 'n laag oor die vleis, gevolg deur die soetrissie, en strooi dan die basillie en olywe oor.
  5. Geur met sout en peper.
  6. Rol nou die vleis styf op en steek vas met kebabstokkies 3cm uit mekaar.
  7. Sny tussen die stokkies in porsies.
  8. Klits die sousbestanddele saam en sprinkel dit rojaal oor die vleis.
  9. Braai nou die vleis oor matige kole tot deurgaar of rooster sowat 30 miniute in die oond teen 200°C.
  10. Bedruip deurgans met die sousie.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/