Kaas en Marmite Muffins
Yields 12
Write a review
Print
Total Time
30 min
Total Time
30 min
Ingredients
  1. MUFFINS
  2. 500 ml (2 k) koekmeel
  3. 20 ml (4 t) bakpoeier
  4. 1 ml sout
  5. knypie rooipeper
  6. 1 ui, fyngekap
  7. 5 00 ml (2 k) cheddarkaas, fyngerasper
  8. 10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
  9. 250 ml (1 k) volroommelk
  10. 60 ml (4 e) olie
  11. 2 ekstragroot eiers
  12. BOLAAG
  13. 125 g (¼ blok) botter
  14. 15 ml (1 e) Marmite
Instructions
  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Sif koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
  3. Roer ui, kaas en pietersielie by gesifte meelmengel tot goed gemeng.
  4. Klits melk, olie en eiers saam tot goed gemeng.
  5. Roer eiermengsel by meelmengsel tot deeg vorm. Moenie te veel roer nie.
  6. Verdeel deeg tussen 12 muffinholtes wat met muffinpapiertjies uitgevoer is of goed
  7. met kossproei gespuit is.
  8. Bak vir 15 minute of tot gaar in middel wanneer jy dit met toetspen steek.
  9. Bolaag: Smelt botter en Marmite saam in mikrogolf.
  10. Steek gaatjies in muffins sodra dit uit oond kom en giet warm botteren- Marmitemengsel bo-oor sodat dit dadelik intrek.
  11. Sit louwarm saam met botter en kaas voor.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/