Mini Quiche Met Hoender en Spinasie
Yields 12
Write a review
Print
Ingredients
  1. 400g (1 rol) skilferkorsdeeg
  2. 1 ui, gekap
  3. 5ml fyn knoffel
  4. 300g (1 pak) jong spinasie
  5. 2 sirkels fetakaas
  6. Knypie neutmuskaat
  7. Sout en peper
  8. 2 Uitkyk gerookte hoenderfilette, in blokkies gesny
  9. 4 eiers
  10. 125ml (½k) room
Instructions
  1. Stel die oond op 180°C.
  2. Sny skilferkorsdees in sirkels, groot genoeg om in ‘n muffin pan te pas.
  3. Voer gesmeerde muffin panne met tert-deeg uit. Bak blind vir 15 minute.
  4. Verhit bietjie olie en braai uie en knoffel tot sag.
  5. Gooi spinasie by en braai verder.
  6. Krummel feta en geur met neutmuskaat, sout en peper.
  7. Meng hoender by spinasie.
  8. Skep in muffin panne. Klits eiers en room saam en giet bo-oor.
  9. Bak vir 15 minute of tot eier gaar is.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/