fbpx Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

GESTOPTE VARKFILET

  • Prep Time: 25
  • Cook Time: 35
  • Total Time: 1 hour

Ingredients

Scale
  • 2 x 300 g-varkfilette senings verwyder
  • 3 ml droë basilie
  • 100g babaspinasie, geblaseer, verfris en drooggedruk
  • 8 songedroogde tamaties in vinaigrette, gedreineer
  • 2 feta-wiele, gekrummel
  • 15 ml elk botter en olyfolie

Instructions

  1. 1. Sny die filette met ‘n skerp mes driekwart deur in die lengte en vou dit oop soos ‘n boek. Dis belangrik om die nie heeltemal deur te sny nie, anders gaan die vulsel uitval. Druk liggies op die vleis om dit platter te kry.
  2. 2. Geur die binnekant van die varkfilette goed met sout, peper en ‘n knypie droë basilie. Pak nou ‘n laag spinasie, dan die geurige tamaties en laaste die fetakaas op elkeen. Vou die vleis toe en bind met kombuistou toe (jy kan ook peuselstokkies gebruik). Geur nou ook die buitekante met sout en peper. Smelt die botter, meng dit met die olie en verf dit oor die vleis.
  3. 3. Braai die filette in braaipan tot goudbruin oral oor. Sit dan die hele pan in ‘n warm oond teen 180°C vir nog 25-30 minute of tot die vleis deurgaar is. Laat die vleis vir 10 minute rus (‘n foelietent sal help dat dit warm bly) en sny in skywe. Sit voor met kapokaartappels of koeskoes.


Nutrition

  • Serving Size: 4
error: Content is protected !!