0 Items

Lojaliteit Program Besonderhede

UITKYK Lojaliteitsprogram:
Neem deel aan Uitkyk Lojaliteitsprogram en verdien Lojaliteitskrediete op u aankope.

1. DOEN AANSOEK:
Voltooi ʼn inligtingsvorm by die Money Market toonbank.
U kaart word dadelik aan u uitgereik en is aktief.

2. VERDIEN PUNTE:
Gee asb. u Uitkyk lojaliteitskaart aan die kassier met die begin van die transaksie.
Lojaliteitskrediet verdien sal op die volgende kasregister strokie verskyn.
Lojaliteitskrediete kan gebruik word om vir aankope by Uitkyk te betaal
Lojaliteits krediet kan nie uitbetaal word nie.
Lojaliteitskrediet word nie verdien op dié transaksie waar die krediet gebruik word vir betaling nie.

3. BESTUUR U LOJALITEITSKREDIETE:
U kan by www.one1.co.za in-log en u krediet volg, OF
Gebruik die selfdiensterminaal by die Money Market toonbank.

4. TERME EN VOORWAARDES:
Neem asb. kennis dat daar wel produkte en omstandighede is wat uitgesluit is van lojaliteitskrediet nl.:

Karkas aankope bv. Heel of halwe lam, Halwe lam pak, Bees voorkwart, Bees Agterkwart, Bees Boud, Heel of Halwe Vark.
Produkte op spesiale aanbod of promosie.
Rekening houers.
Money Market transaksies.
Lugtyd aankope kan uitgesluit word.

Krediet verval na 24 maande.
Onaktiewe kaarte word na 12 maande gedeaktiveer.
Verlore kaart R10.00 admin fooi.
Terme en voorwaardes kan verander. 28/05/2016

Jy’s Welkom!