Appel-Bessie-en-Okkerneutslaai
Ingredients
Scale
SLAAISOUS
- 3 eetlepels heuning
- 2 eetlepels olyfolie
- 3 eetlepels suurlemoensap
- 1 teelepel growwe mosterd
- ‘n Knippie sout en varsgemaalde swartpeper
SLAAI
- 200 g gemengde slaaiblare
- 50 g wilde roketblare
- 2 appels, in wiggies gesny, pitte verwyder en liggies bedruip met suurlemoensap
- 1 koppie okkerneute
- ½ gedroogte bosbessies (cranberries)
- ½ koppie matured cheddarkaas, dun gesny (opsioneel)
Instructions
- SLAAISOUS: Skud die heuning, olyfolie, suurlemoensap, mosterd, sout en peper goed saam in ‘n glasflessie. Hou eenkant.
- SLAAI: Rangskik die slaaiblare en roketblare op ‘n opdienbord. Rangskik die res van die bestanddele, behalwe die kaas op ‘n bord. Net voor opdiening kan jy die kaas liggies oor die slaai breek. Bedien die slaaisous apart dan kan elkeen oorgooi na smaak. Dit verhoed ook dat die slaai staan en pap raak wanneer dit deurdrenk is van slaaisous.
Nutrition
- Serving Size: 6