VARKVLEISSOSATIES

VARKVLEISSOSATIES

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

VARKVLEISSOSATIES

  • Prep Time: 10
  • Cook Time: 15
  • Total Time: 25 minutes

Ingredients

Scale
  • 800g Uitkyk varkblokkies / goulash
  • 1–2 uie, in groterige stukke gesny
  • 2 groen soetrissies, in stukke gesny
  • 16 droë-appelkose
  • 16 lourierblare

Marinade

  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 3 ml elk rooipeper en paprika
  • 5 ml elk komyn, koljander en mosterdpoeier
  • 1 duim vars gemmer, gekap
  • 15 ml appelkooskonfyt, warm
  • 30 ml olyfolie

Instructions

  1. 1. Meng die bestanddele vir die marinade en meng die vleisblokkies dan daardeur. Ryg die vleis om die beurt met die ui, soetrissie, appelkose en lourierblare op stokkies en laat vir 15 minute staan sodat die geur kan ontwikkel.
  2. 2. Verhit ‘n dikboompan tot warm. Braai die
  3. sosaties daarin tot deurgaar en goudbruin alkante. Pasop vir te warm – die vleis moet gaar maar steeds sappig wees. Diè sosaties is ook heerlik in die oond gebak of oor die kole gerooster. Sit voor met gebakte patats, slaai en suurlemoenwiggies.


Nutrition

  • Serving Size: 8
SOETSUUR VARKNEKSTEAKS

SOETSUUR VARKNEKSTEAKS

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

SOETSUUR VARKNEKSTEAKS

  • Prep Time: 25
  • Cook Time: 20
  • Total Time: 45 minutes

Ingredients

Scale
  • 15 ml olyfolie
  • 8 varkneksteaks, drooggedruk
  • Gaar witrys vir voorsit

Sauce Ingredients

  • 1 ui, gekap
  • 1 rooi of geel soetrissie in blokkies gesny
  • 5 ml olyfolie
  • 1 x 400 g-blik Pynappelstukke, gedreineer (behou die stroop)
  • 2 tamaties, gekap
  • 100 ml bruinsuiker
  • 180 ml witwynasyn
  • 5 ml sojasous (of na smaak)
  • 10 ml mielieblom

Instructions

  1. 1. Maak die sous: Braai die ui en soetrissie tot glansend in die olie. Voeg die pynappelstukke en tamatie by en braai saam. Voeg die suiker by en roer tot gesmelt. Roer die behoue pynappelstroop, die asyn en sojasous by en kook vir sowat 3 minute. Meng die mielieblom met 15 ml water tot ‘n pasta en klits by die sous. Kook tot verdik.
  2. 2. Verhit die olie. Geur die vark alkante met sout en peper. Panbraai tot goudbruin en deurgaar. Skep die vleis nou in die sous en verhit tot deurwarm. Sit voor met die rys.


Nutrition

  • Serving Size: 8