Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Gemmerbier-Flentervark

  • Author: Landbou Boerekos Uitgawe 9 Somer 2016-‘17

Description

Die vark prut stadig in die aromatiese aftreksel tot die vleis met ʼn vurk gepluis kan word. Flentervark is baie veelsydig en jy kan ver kom met ʼn klein bietjie vleis, veral as jy dit op broodrolletjies met slaai voorsit, in pannekoek toedraai, of smullekker nacho’s daarmee maak!


Ingredients

Scale
  • 1.2kg stuk varkboud of –skouer
  • 2 liter gemmerbier
  • 125 ml sojasous
  • 4 knoffelhuisies
  • Groot knyp seesout
  • 1 kaneelstok
  • Water, indien nodig
  • Sout en swartpeper na smaak
  • Gesnipperde grasuie, suurroom en vars koljander, om voor te sit.

Instructions

  1. 1. Sit die vark in ʼn kastrol en voeg die gemmerbier, sojasous, knoffelhuisies, sout en kaneelstok by.
  2. 2. Verhit tot kookpunt en prut lank en stadig, vir ongeveer 3 uur, tot die vark so sag is dat dit uit mekaar begin val.
  3. 3. Hou jou oog deurgaans op die kastrol en vul die vloeistof aan met water namate dit afkook.
  4. 4. Haal die vark uit die kastrol, laat sowat 15 minute afkoel en pluis die vleis dan grof met ʼn vurk.
  5. 5. Kook die aftreksel, waarin die vleis geprut het, af tot dit effens verdik en stroperig word.
  6. 6. Geur met sout en swartpeper na smaak en giet die aftreksel terug oor die gepluisde vleis.
  7. 7. Garneer met die grasuie, suurroom en koljander (Danja).


Nutrition

  • Serving Size: 8