Gemmerbroodrolkoek
Yields 1
Write a review
Print
KOEK
  1. 4 eiers, geskei
  2. ¾ koppie strooisuiker (castor sugar)
  3. 1 teelepel vanilla essence
  4. ¼ koppie ongegeurde jogurt
  5. ¼ koppie stroop
  6. 125 g koekmeel
  7. 1 teelepel bakpoeier
  8. ¼ teelepel sout
  9. 1 teelepel gemaalde gemmer
  10. ½ teelepel fyn kaneel
VULSEL
  1. 1 koppie room
  2. 2 eetlepels strooisuiker (castor sugar)
  3. 1 teelepel vanilla essence
  4. ½ teelepel fyn gemmer
  5. ¼ teelepel fyn kaneel
Instructions
  1. Koek: Voorverhit die oond tot 180°C en voer ‘n rolkoekpan met bakpapier en spuit met kleefvrye kossproei. Klop die eierwitte tot stywe punte vorm en hou eenkant. In ‘n ander bak, klop die eiergele en suiker tot dik en ligter in kleur. Voeg die vanilla essence, jogurt en stroop by, Roer die meel, bakpoeier, sout, gemmer en kaneel by die eiermengsel. Vou versigtig die eierwitte by die beslag in. Giet die beslag in die gesmeerde bakplaat en bak vir 8 – 10 minute. Sit ‘n stuk bakpapier op ‘n kombuisdoek. Sprinkel strooisuiker op die bakpapier en keer die koek daarop uit. Rol versigtig die koek saam met die doek op. Laat koel af op ‘n draadrak.
  2. Vulsel: Klits al die bestanddele tot dik.
  3. Samestelling: Rol die koek oop en smeer dit mildelik met die vulsel. Rol die koek weer versigtig van die eenkant af op. Maak seker jy verwyder die bakpapier. Smeer nog van die vulsel op die buitekant en versier met vars frambose (raspberries).
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/