Lamnekbredie
Yields 4
Write a review
Print
Total Time
2 hr 30 min
Total Time
2 hr 30 min
Ingredients
  1. 2 e (30 mℓ) meel
  2. Sout en peper
  3. 1 – 1,5 kg lamsnek skywe
  4. Olyfolie
  5. 2 uie, grof gesny
  6. 5 knoffelhuisies, fyngedruk
  7. 2 groot wortels, gekap
  8. 2 selderystingels, gekap
  9. ¾ k (190ml) rooiwyn
  10. Gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
  11. 1 blik (400 g) heel tamaties
  12. 1 k (250 mℓ) hoenderaftreksel
  13. 3 takkies vars roosmaryn
  14. 1 lourierblaar
  15. 3 mediumgroot aartappels, in dun skywe gesny
  16. Grasuie of Italiaanse pietersielie vir garnering
Instructions
  1. Geur die meel met sout en peper. Druk die vleis in die meel en skud die oortollige meel af.
  2. Verhit ’n groot skeur olie in ’n gietyster/swart pot of ’n oondbak met ’n deksel. Plaas die vleis daarin en sit dit in die oond vir 20 minute sodat die vleis bruin kan braai – draai die vleis na 10 minute om.
  3. Voeg die uie, knoffel, wortels en seldery by. Bak verder totdat die uie bruin gebraai is terwyl jy dit af en toe deurroer.
  4. Voeg die rooiwyn by en skraap die boom van die pot met ’n houtspaan om al daardie lekker stukkies los te kry.
  5. Voeg die suurlemoensap, tamaties, aftreksel, roosmaryn en lourierblaar by. Pak die aartappelskywe in ’n laag bo-op die gereg. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en peper.
  6. Maak ’n stuk bakpapier nat en bedek die aartappels liggies daarmee.
  7. Plaas die deksel op die pot en bak vir 1½ uur of tot die vleis sag genoeg is dat dit van die been af loskom. Haal die deksel af en bakpapier af. Bak vir nog 20 – 30 minute of tot die aartappels goudbruin is.
Notes
  1. Garneer met suurlemoenskil en grasuie of Italiaanse pietersielie.
Uitkyk https://uitkykvleismark.co.za/