Varknektjops met Gemmerbeskuitjies
- Total Time: 90
Ingredients
Scale
- 1 e (15ml) meel
- Sout en peper
- 1kg vark nek tjops
- 2 uie, gekap
- 3 repe spek, gekap
- Olyfolie
- 1 k (250ml) water (of aftreksel)
- 1 lourierblaar
- ¾ k (190ml) perske- of mangoblatjang
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 150g geel sultanas
- 4 peperkorrels, gekraak
- 2 patats, in skywe gesny
- 1 fles (130g) snoep uitjies, gedreineer
- 8 gemmer beskuitjies, gekrummel
Instructions
- Geur die meel met sout en peper, en bedek die vark nek tjops daarmee. Skud die oortollige meel af
- Plaas die tjops, uie en spek in ‘n groot pot oor matige hitte. Bedruip die olyfolie en braai vir ongeveer 10 minute. Draai die tjops a fen toe om sodat dit oraloor bruin braai.
- Voeg die water, lourierblaar, blatjang, knoffel, sultanas en peperkorrels by.
- Sit die deksel op en laat prut oor lae hitte vir 30 minute. Voeg die patats by en prut vir nog 30 minute, of tot die vleis en patats baie sag is. Kyk gereeld in die pot en giet nog water of aftreksel by indien nodig.
- Voeg die snoep uitjies en gemmer beskuitjies by en meng deeglik.
- Kook vir nog 15 minute en sit dan voor
Nutrition
- Serving Size: 4