Vyfspeseryvarkrib Met Braaisous
- Prep Time: 20
- Cook Time: 90
- Total Time: 1 hour 50 minutes
Ingredients
Scale
- 1,5kg varkrib
- 1l rooibostee met 4-cm stuk gemmer en 1 stuk pypkaneel.
- Olie
- Sout
- 15ml (1e) vyfspeserymengsel
Braai Sauce
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 brandrissie, fyn gekap
- 125ml (½ k) bruinsuiker
- 125ml (½ k) mout- of appelasyn
- 250ml (1 k) tamatiesous
Fruit Salsa
- 1 vars pruim of pynappel
- ʼn Hand vol gekapte koljanderblare
Instructions
- 1. Kook die varkrib ʼn uur lank oor stadige hitte in die rooibostee tot sag.
- 2. Druk die rib droog en vryf die olie oor, sprinkel die sout en speserymengsel oor en vryf in.
- 3. Braaisous: Meng al die sousbestanddele en verf oor die varkrib.
- 4. Plaas in die oond by 200°C en oondbraai 30-35minute tot lekker bros. Verf al om die 10 min. met die braaisous.
- 5. Salsa: Meng die vrugte en blare en sit voor met die varkrib en/of suurlemoenskyfies.
Nutrition
- Serving Size: 4