Print
clock clock icon cutlery cutlery icon flag flag icon folder folder icon instagram instagram icon pinterest pinterest icon print print icon squares squares icon

Biltongbroodjie


Description

Sit die broodjie warm voor met botter. Dis byna ‘n maaltyd op sy eie.


Ingredients

  • • 280 g (500 ml) koekmeel
  • • 7,5 ml bakpoeier
  • • 5 ml sout
  • • 200 g fyn biltong
  • • 375 ml karringmelk
  • • 1 eier
  • • 60 g (65 ml) botter, gesmelt

Instructions

  1. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Voeg biltong by en meng goed. Klits karringmelk, eier en gesmelte botter saam. Maak holte in middel van droë bestanddele en voeg karringmelkmengsel by. Roer goed deur. Spuit twee broodpannetjies van 14 x 7 cm elk goed met kleefwerende kos-sproei. Skep deeg in en sit pan in oond. Bak sowat 50 minute. Druk toetspennetjie in brood om seker te maak dis gaar – dit moet droog uitkom. Haal uit en keer versigtig uit op afkoelrak. Laat die warm broodjie eers effens afkoel voor jy dit sny.

error: Content is protected !!