Print
clock clock icon cutlery cutlery icon flag flag icon folder folder icon instagram instagram icon pinterest pinterest icon print print icon squares squares icon

Gevulde Botterskorsie Met Pasta En Maalvleis


Scale

Ingredients

  • 1 groot botterskorsie, in lengte gehalveer en met die pitte verwyder
  • Olyfolie
  • Sout en peper
  • 750ml (3k) rou pasta. Penne of Macaroni werk die beste
  • 500g gaar maalvleis
  • 200g kersietamaties
  • 2 blikke (400g elk) kersietamaties in tamatiepuree
  • 45ml (3e) vars gekapte basiliekruid
  • 250ml (1k) grofgerasperde mozzarella of 125ml (1/2k) fyngekapte parmesaan.

Instructions

  1. 1. Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die botterskorsie op ‘n bakplaat wat met botterpapier bedek is. Sprinkel olyfolie oor en geur dit met sout en peper. Plaas dit sowat 30-40 minute lank in die oond, totdat die botterskorsie begin sag word. Kook intussen die pasta al dente en dreineer dit.
  2. 2. Verwyder die botterskorsie uit die oond en verminder die temperatuur na 180°C.
  3. 3. Skep die pasta en die maalvleis in ‘n groot oondbak. Plaas die gaar botterskorsie tussenin, sodat dit op ‘n bed maalvleis en pasta lê. Vul die botterskorsies se holtes met kersie tamaties. Meng die geblikte tamaties met die gekapte basiliekruid en giet dit oor die gereg.
  4. 4. Strooi die kaas oor die gereg.
  5. 5. Bak dit sowat 15 minute.

Notes

Wenk

  • Gebruik enige gaar maalvleis wat jy tot jou beskikking het, of berei ‘n geurige maalvleisgereg. Gebruik gedroogte brandrissievlokkies, knoffel en kruie.

Nutrition

  • Serving Size: 6
error: Content is protected !!