Print
clock clock icon cutlery cutlery icon flag flag icon folder folder icon instagram instagram icon pinterest pinterest icon print print icon squares squares icon

Mini Quiche Met Hoender en Spinasie

  • Author: Vrouekeur 23 November
  • Yield: 12 1x

Scale

Ingredients

  • 400g (1 rol) skilferkorsdeeg
  • 1 ui, gekap
  • 5ml fyn knoffel
  • 300g (1 pak) jong spinasie
  • 2 sirkels fetakaas
  • Knypie neutmuskaat
  • Sout en peper
  • 2 Uitkyk gerookte hoenderfilette, in blokkies gesny
  • 4 eiers
  • 125ml (½k) room

Instructions

  1. Stel die oond op 180°C.
  2. Sny skilferkorsdees in sirkels, groot genoeg om in ‘n muffin pan te pas.
  3. Voer gesmeerde muffin panne met tert-deeg uit. Bak blind vir 15 minute.
  4. Verhit bietjie olie en braai uie en knoffel tot sag.
  5. Gooi spinasie by en braai verder.
  6. Krummel feta en geur met neutmuskaat, sout en peper.
  7. Meng hoender by spinasie.
  8. Skep in muffin panne. Klits eiers en room saam en giet bo-oor.
  9. Bak vir 15 minute of tot eier gaar is.

error: Content is protected !!