fbpx
Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Tuna-Mayonnaise-Bakkies

  • Author: Tuis Januarie 2018
  • Prep Time: 20
  • Total Time: 20

Ingredients

Scale
  • 2 blikkies 340g Tuna stukke, gedreineer
  • 125 ml mayonnaise
  • 60 ml volroom jogurt of suurroom
  • ½ rooi ui, fyngekap
  • 1 blik kekerertjies, gedreineer en gespoel
  • 15 ml kappertjiesaad
  • 3 stingels seldery, fyngekap
  • 80 g sagte kruieblaartjies
  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 4 eiers, saggekook
  • 8 heel bros slaaiblare (vir die “bakkies”)
  • 125 ml pampoensaad, gerooster

Instructions

  1. Meng die tuna, mayonnaise, jogurt, ui, kekerertjies, kappertjiesaad en seldery saam en geur met sout en peper. Strooi die kruie en die suurlemoen skil oor. Verdeel dit saam met die eiers tussen die brosblaar-“bakkies” en strooi die pampoensaad oor. Sit voor met suurlemoenwiggies vir ‘n ligte ete of meng alles saam en sit voor in geroosterde tortillas vir ‘n meer vullende gereg.


Nutrition

  • Serving Size: 4
error: Content is protected !!