Tuna-Mayonnaise-Bakkies

Tuna-Mayonnaise-Bakkies

Print
clock clock icon cutlery cutlery icon flag flag icon folder folder icon instagram instagram icon pinterest pinterest icon print print icon squares squares icon

Tuna-Mayonnaise-Bakkies

  • Author: Tuis Januarie 2018
  • Prep Time: 20
  • Total Time: 20

Scale

Ingredients

  • 2 blikkies 340g Tuna stukke, gedreineer
  • 125 ml mayonnaise
  • 60 ml volroom jogurt of suurroom
  • ½ rooi ui, fyngekap
  • 1 blik kekerertjies, gedreineer en gespoel
  • 15 ml kappertjiesaad
  • 3 stingels seldery, fyngekap
  • 80 g sagte kruieblaartjies
  • Gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 4 eiers, saggekook
  • 8 heel bros slaaiblare (vir die “bakkies”)
  • 125 ml pampoensaad, gerooster

Instructions

  1. Meng die tuna, mayonnaise, jogurt, ui, kekerertjies, kappertjiesaad en seldery saam en geur met sout en peper. Strooi die kruie en die suurlemoen skil oor. Verdeel dit saam met die eiers tussen die brosblaar-“bakkies” en strooi die pampoensaad oor. Sit voor met suurlemoenwiggies vir ‘n ligte ete of meng alles saam en sit voor in geroosterde tortillas vir ‘n meer vullende gereg.


Nutrition

  • Serving Size: 4
Tunakerrie En Rys

Tunakerrie En Rys

Print
clock clock icon cutlery cutlery icon flag flag icon folder folder icon instagram instagram icon pinterest pinterest icon print print icon squares squares icon

Tunakerrie En Rys

  • Author: Landbou Boerekos Uitgawe 9 Somer 2016-‘17

Scale

Ingredients

  • 30 ml botter
  • 1 ui, dun gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en dun gesny
  • 10 ml kerriepoeier
  • 2 ml borrie
  • 2 ml komyn
  • 250 ml witrys
  • 500 ml vis- of groente aftreksel
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 blik (170g) tuna, gedreineer
  • 375 ml bevrore ertjies
  • 3 gekookte eiers, afgedop en in wiggies gesny

Instructions

  1. 1. Verhit die botter in ʼn pan en braai die ui en soetrissie daarin tot sag.
  2. 2. Voeg die kerriepoeier, borrie en komyn en braai tot geurig.
  3. 3. Voeg die rys en braai tot die ryskorrels met ʼn vet-en-speseryelagie bedek is.
  4. 4. Voeg die aftreksel by en geur liggies met sout en peper.
  5. 5. Verhit tot kookpunt, draai die hitte laag en bedek die pan.
  6. 6. Prut vir ongeveer 20 minute oor lae hitte tot die rys al die vloeistof geabsorbeer het.
  7. 7. Voeg die tuna en ertjies by en meng liggies deur.
  8. 8. Bedek en laat stoom vir nog 5-10 minute.
  9. 9. Rond af met wiggies gekookte eier en sit voor met slaai.

Gebraaide Snoek Met Appelkoosbedruipsous

Gebraaide Snoek Met Appelkoosbedruipsous

Print
clock clock icon cutlery cutlery icon flag flag icon folder folder icon instagram instagram icon pinterest pinterest icon print print icon squares squares icon

Gebraaide Snoek Met Appelkoosbedruipsous


Scale

Ingredients

  • 1 vars snoek, sowat 2kg
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Appelkoosbedruipsous

  • 50ml (3 eetlepels) botter, gesmelt
  • 50ml (3 eetlepels) kookolie
  • 15ml (1 eetlepel) gladde appelkooskonfyt
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 15ml (1 eetlepel) suurlemoensap

Instructions

  1. Meng bestandele vir bedruipsous.
  2. Vlek snoek en plaas dit op ‘n geoliede toeknyprooster.
  3. Rooster sowat 25min met velkant na onder oor koel kole en bedruip gereeld.
  4. Geur met sout en peper en sit onmiddelik voor.

Notes

Variasie

  • Appelkoosbedruipsous maak heerlik saam met gabeljou, koningklip en leervis.

Wenk

  • ‘n Gewilde bykos by gebraaide snoek is heel patats wat in foelie tussen die kole gaargemaak word.

Nutrition

  • Serving Size: 6
error: Content is protected !!