Tunakerrie En Rys
Ingredients
Scale
- 30 ml botter
- 1 ui, dun gesny
- 1 rooi soetrissie, ontpit en dun gesny
- 10 ml kerriepoeier
- 2 ml borrie
- 2 ml komyn
- 250 ml witrys
- 500 ml vis- of groente aftreksel
- Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 blik (170g) tuna, gedreineer
- 375 ml bevrore ertjies
- 3 gekookte eiers, afgedop en in wiggies gesny
Instructions
- 1. Verhit die botter in ʼn pan en braai die ui en soetrissie daarin tot sag.
- 2. Voeg die kerriepoeier, borrie en komyn en braai tot geurig.
- 3. Voeg die rys en braai tot die ryskorrels met ʼn vet-en-speseryelagie bedek is.
- 4. Voeg die aftreksel by en geur liggies met sout en peper.
- 5. Verhit tot kookpunt, draai die hitte laag en bedek die pan.
- 6. Prut vir ongeveer 20 minute oor lae hitte tot die rys al die vloeistof geabsorbeer het.
- 7. Voeg die tuna en ertjies by en meng liggies deur.
- 8. Bedek en laat stoom vir nog 5-10 minute.
- 9. Rond af met wiggies gekookte eier en sit voor met slaai.