Smoked Chicken Mayonnaise Rolls

Smoked Chicken Mayonnaise Rolls

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon
Smoked chicken mayonnaise rolls

Smoked Chicken Mayonnaise Rolls


Ingredients

Scale
  • 4 to 6 Bread rolls (Buns)
  • 2 Large Smoked Chicken Fillets
  • 125 ml Mayonnaise
  • A Handful lettuce
  • 6 Gherkins, sliced in length
  • 50 g green olives, sliced in half

Instructions

  1. Cut open the bread rolls
  2. Chop the chicken fillets in smaller cubes and mix with mayonnaise
  3. Put lettuce, gherkins and olives on both sides of the rolls
  4. Divide the chicken mixture between the rolls.
  5. Close the rolls and serve.


Nutrition

  • Serving Size: 4
Pizzarolletjies

Pizzarolletjies

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon
Pizza Rolls

Pizzarolletjies

  • Author: Johanè Neilson
  • Prep Time: 30
  • Cook Time: 15
  • Total Time: 45
  • Yield: 12 1x

Ingredients

Scale
  • 600g Uitkyk witbrooddeeg, koud (Kry al die bestanddele by UITKYK)
  • 125ml sondroëtamatie-pesto
  • 200g Gekapte sampioene, gebraai
  • 12 Basilieblare, geskeur
  • ‘n Hand vol gerasperde Mozzarella

Instructions

  1. Rol die koue deeg op ‘n werkblad oop in ‘n groot reghoek. Smeer die pesto oor die deeg, strooi die sampioene, basilie en mozzarella eweredig oor en rol die deeg op in ‘n stywe rol. Gebruik ‘n skerp mes en sny die opgerolde deeg in 12 porsies.
  2. Spuit die holtes van ‘n muffinpan met kleefwerende kossproei en sit ‘n deegspiraal plat in elke holte. Bedek met ‘n vadoek en laat rys in die pan tot dubbel die volume. (As jy yskoue deeg gebruik, sal dit effens langer neem om kamertemperatuur te bereik en te rys)
  3. Voorverhit die oond tot 180°C. Bak die pizzarolletjies vir sowat 20 minute of tot gaar en uitgereis vol gesmelte kaas. Heerlik warm of teen kamertemperatuur.

Kaas en Marmitemuffins

Kaas en Marmitemuffins

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Kaas en Marmite Muffins

  • Author: Vrouekeur
  • Total Time: 30
  • Yield: 12 1x

Ingredients

Scale
  • MUFFINS
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 1 ml sout
  • knypie rooipeper
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 00 ml (2 k) cheddarkaas, fyngerasper
  • 10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
  • 250 ml (1 k) volroommelk
  • 60 ml (4 e) olie
  • 2 ekstragroot eiers
  • BOLAAG
  • 125 g (¼ blok) botter
  • 15 ml (1 e) Marmite

Instructions

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Sif koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
  3. Roer ui, kaas en pietersielie by gesifte meelmengel tot goed gemeng.
  4. Klits melk, olie en eiers saam tot goed gemeng.
  5. Roer eiermengsel by meelmengsel tot deeg vorm. Moenie te veel roer nie.
  6. Verdeel deeg tussen 12 muffinholtes wat met muffinpapiertjies uitgevoer is of goed
  7. met kossproei gespuit is.
  8. Bak vir 15 minute of tot gaar in middel wanneer jy dit met toetspen steek.
  9. Bolaag: Smelt botter en Marmite saam in mikrogolf.
  10. Steek gaatjies in muffins sodra dit uit oond kom en giet warm botteren- Marmitemengsel bo-oor sodat dit dadelik intrek.
  11. Sit louwarm saam met botter en kaas voor.

Vetkoek met 3 vulsels

Vetkoek met 3 vulsels

Print
clock clock iconcutlery cutlery iconflag flag iconfolder folder iconinstagram instagram iconpinterest pinterest iconfacebook facebook iconprint print iconsquares squares iconheart heart iconheart solid heart solid icon

Vetkoek met drie vulsels

  • Author: Kuier Combo Koningskos
  • Yield: 20 1x

Ingredients

Scale

Vetkoek bestanddele

  • 500g koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis (instant yeast)
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel suiker
  • 2 eetlepels olyfolie
  • Genoeg louwarm water om ‘n hanteerbare deeg te vorm
  • Olie vir diepbraai

Vulsel 1

  • Botter
  • gerasperde kaas
  • aarbei- of enige ander konfyt van jou keuse

Vulsel 2

  • 2 Hoenderborsies
  • ½ koppie mayonnaise
  • 1 eetlepel basil pesto
  • Sout en peper na smaak
  • Klein bietjie water
  • Gesnyde tamatie skyfies

Vulsel 3

  • 250g bees maalvleis
  • 1 medium ui, fyngekap
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 teelepel matige kerriepoeier
  • 1 teelepel leaf masala (meer as jy sterker verkies)
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 eetlepel suiker
  • Sout na smaak
  • Skeutjie water indien nodig
  • 1 Aartappel in klein blokkies gesny

Instructions

Vetkoek metode

  1. Voeg al die bestanddele by mekaar om ʼn hanteerbare deeg te vorm. Knie die deeg op ʼn skoon oppervlak vir 10 minute. Plaas in ʼn bak ek bedek met kleefplastiek. Laat rys op ʼn warm plek tot dubbel die volume. Knie liggies af en verdeel in ewe groot stukke. Laat rys vir omtrent 15 minute. Verhit olie vir diepbraai. Braai vetkoeke ʼn paar op ʼn slag tot goudbruin aan die een kant. Draai om en herhaal met die ander kant. Herhaal die proses met al die deeg.

Vulsel 1 metode

  1. Sny die warm vetkoek oop en smeer mildelik met botter. Vul dan verder met ʼn dik laag konfyt en hope gerasperde kaas.

Vulsel 2 metode

  1. Geur die hoender liggies met sout en peper. Stoom tot gaar in ʼn bietjie water. Koel die hoender af en pluis dan uit. Meng volgende die hoender, mayonnaise en pesto. Geur met sout en peper en verkoel effens. Vul vetkoeke met gesnyde tamatie en hoender vulsel.

Vulsel 3 metode

  1. Sorteer die uie oor matige hitte. Voeg die maalvleis by en baai tot dit verkleur. Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur. Voeg ʼn skeutjie water by indien nodig. Prut totdat die aartappelblokkies sag en die sousie lekker dik is. Vul warm gesnyde vetkoeke mildelik met die kerrie.